Woord:
holderstebolder
OOK: holderdebolder en soms holderbolder, holdertebolder, horrelstebolder en horrelsteborrel.
Betekenis:
Met ‘n deurmekaar, verwarde of oorhaastige beweging.
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands holderdebolder (1665). Nederlands holderdebolder is deur klanknabootsing gevorm en stel die geluid voor van iets wat rollend aankom of val. Nederlands bolder hou verband met bulderen “raas, dreun”, terwyl holder min of meer willekeurig gekies is om daarmee te rym. In S.Nederland kom die wisselvorme holderenbolder en holderkabolder voor.
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Mijn moeder zei altijd ‘Holder de bolder we hebben een koe op zolder’. Klinkt wel nederlands dus.