WAT Woord van die Week: kafoefel

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
kafoefel

Betekenis:
Vry: Die nooi kafoefel lekker. Die polisieman is op die spoor van die kafoefelende paartjie (Die Burger).

Waar kom dit vandaan?
Ons het kafoefel van die Skotte gekry. Skotse Engels het aanvanklik ‘n wisselvorm carfuffle gehad vir die Engels cerfuffle wat “deurmekaar maak, in die war bring” beteken het. Later het hulle nog ‘n wisselvorm, naamlik carfuddle gehad, maar toe raak hulle deurmekaar met die Engels foodle wat “liefkoos” beteken en so kry carfuffle toe die betekenis van “liefkoos”.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.