WAT Woord van die Week: kafoefel/karnuffel

Die verskille tussen kafoefel (bo) en karnuffel word mooi in dié foto's uitgebeeld (Karnuffel-foto is 'n skermskoot uit die televisieprogram, Full House)

Die verskille tussen kafoefel (bo) en karnuffel word mooi in dié foto’s uitgebeeld (Karnuffel-foto is ‘n skermskoot uit die televisieprogram, Full House)

Woord:
kafoefel (werkwoord), het gekafoefel

Betekenis:
Vry: Die nooi kafoefel lekker. Die polisieman is op die spoor van die kafoefelende paartjie (Die Burger).

Waar kom dit vandaan?
Uit Skotse Engels carfuffle.

Woord:
karnuffel (werkwoord) het gekarnuffel

Betekenis:
Speelsgewys afknou, seermaak; geniepsig speel met; terg, pla, bv. deur onder te sit, vas te druk, te stamp, te knyp, te kielie, die hare te trek, ens.: Die ou bobbejane blaf en die kleintjies tjank soos die ouers hul karnuffel (G.R. von Wielligh). Hy geniet dit baie as die meisies hom vang en ‘n bietjie karnuffel oor sy kattekwaad (P.J.L. Odendaal).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.