WAT Woord van die Week: kakkerlak

Grafika: paperlinx-sux.com

Grafika: paperlinx-sux.com

Woord:
kakkerlak

Betekenis:
Soort insek

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands kakkerlak (1646). Eerste optekening in Afrikaans by Leibbrandt (1882).

Nederlands kakkerlak uit verouderde Portugees cacalacca, met laasgenoemde uit ‘n Wes-Indiese taal. Die Portugese het die insekte waarskynlik caca-laccas, letterlik ‘insek waarvan die ontlasting lyk soos lak’, genoem na die kleur en gladde voorkoms van hul eiers en uitwerpsels.

Duits Kakerlak.
kokkerot s.nw. Kakkerlak.
Deur volksetimologie ontstaan uit Engels cockroach (1624)

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.