WAT Woord van die week: kapot

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
kapot (byvoeglike naamwoord) (kapotter, kapotste)

Betekenis:
1. Onbruikbaar as gevolg daarvan dat dit oud of stukkend is: My tikmasjien, pen, naaimasjien, grassnyer is al kapot. Hy ry nog altyd met sy kapot ou kar rond.
2. Aan die einde van jou kragte, baie moeg: Kapot wees na ‘n lang reis, ‘n moeilike dag op kantoor, ‘n uitputtende wedstryd. Jou kapot werk. Net kapot voel aan die einde van die week.

Waar kom dit vandaan?
Uit die Frans capot, ‘n term in die kaartspel in die uitdrukkings faire capot, kapot maak, al die pakkies wen, en étre capot, kapot wees, al die pakkies verloor.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter Pieterse ·

Ek sou eerder dink dit kom van “kaputt” in duits dood of verlore?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.