WAT Woord van die Week: Kersfees

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
Kersfees (selfstandige naamwoord)

Betekenis:
Fees op 25 Desember ter herdenking van Christus se geboorte.

Waar kom dit vandaan?
Kers in Kersfees kom uit Nederlands Kerst wat weer kom uit Krist of Christ wat vroeër in Nederlands algemeen was vir Christus, ‘n Latynse woord wat weer afgelei is van die Grieks Christos wat “gesalfde” beteken. Die eerste lettergreep van die woord Kersfees vertoon ‘n heel interessante vervorming van die naam Christus (J.J. Smith: Die Suiderstem, 24 Des. 1937)+

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.