WAT Woord van die week: konkoksie

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
konkoksie

Betekenis:
Middel, gewoonlik ‘n vloeibare mengsel, berei uit verskillende bestanddele, en vir die oningewyde dikwels van onbekende of twyfelagtige aard of van geheimsinnige werking — veral toegepas op geneesmiddels of magiese middels: Ek wil gan weer daardie konkoksie van die tronk vir goormaag hê nie (H.S. v. Blerk: Kas, 1966, 31). Nie onkruid is hierdie mooi kruidjie nie, maar bestanddeel in baie konkoksies vir verskeie soorte kwale (F. Linde in Rooi, 1965, 89).

Waar kom dit vandaan?
Uit Engels concoction, uit Latyn concoquere “om saam te kook, saam te laat verouder”

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.