WAT Woord van die Week: kwikstertjie

Kwikstertjie

Kwikstertjie

Woord:
kwikstertjie (s.nw.) Ook soms kwikstert.

Betekenis:
Enigeen van verskeie soorte kleinerige, insekvretende voëltjies wat veral by water hou.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands kwikstaart (1518 reeds in die vorm quicstert) of kwikstaartje. ‘n Samestelling van kwik “lewendig” en staart “stert”. Die voëltjies word so genoem omdat hul lang, dun stertjies baie beweeglik is en voortdurend op en af wip.

Duits: Wippsterz
Engels: wagtail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.