WAT Woord van die week: laventelhaan

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Woord:
laventelhaan

Betekenis:
Baie modieuse man wat oordrewe aandag aan sy voorkoms gee; sinonieme Jan Laventel (streektaal), laventeljohnnie (geselstaal), laventeljonnie (geselstaal): Mnr. V. is nie die Westminister-soort nie, en ook geen laventelhaan nie, tog lyk hy altyd deftig (Burger, 7 September 1978, 1).

Vergelyk ook:
Woord:

gigolo

Betekenis:
1. Manlike persoon wat teen betaling as dansmaat of metgesel van ‘n vrou optree.
2. Manlike persoon wat leef van die verdienste van prostitute of deur ‘n ouer vrou onderhou word in ruil vir seksuele dienste.

Waar kom dit vandaan?
Engels gigolo uit Frans gigolo, die manlike vorm van gigole ‘lang, maer vrou, straatvrou of vrou wat in openbare danssale gesien word’.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lolla ·

ek ken ‘n laventelhaan as ‘n man wat homself vreeslik lekkerruik goed gespuit het……….lol

Lolla ·

ek ken ‘n laventelhaan as ‘n man wat homself vreeslik lekkerruik goed gespuit het……….lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.