Woord:
maarskalk (selfstandige naamwoord)
Betekenis:
Opperoffisier met die hoogste militêre rang, hoër as ‘n generaal en dikwels opperbevelhebber van ‘n land se strydmagte of sy totale weermag.
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands maarschalk, ‘n samestelling van Middelnederlands mare “perd” en scalc “dienaar, kneg”. Die woord het oorspronklik “stalkneg, hoefsmid, koninklike amptenaar met toesig oor die leër se voertuie en trekdiere” beteken, en daarna “hoë amptenaar” en “offisier van hoë rang”.
Duits Marschall, Engels marshal, Frans maréchal.
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.