WAT Woord van die Week: makrielkuite

Grafika: wikihow.com

Grafika: wikihow.com

Woord:
makrielkuite

Betekenis:
Baie maer kuite of soms bene: By die swemkuil het ons seuns hom altyd gespot met sy smal skouertjies en sy makriel-kuite (W. v.d. Berg: Karoo, 1951, 35).

Woord:
makriel

Waar kom dit vandaan?
Enigeen van verskeie soorte seevisse met smaaklike vleis, of baie gewilde aassoort.
Uit Nederlands makreel. Middelnederlands makerele “koppelaarster” uit Frans macquerelle “koppelaarster” (Frans macquereau “koppelaar”). Volgens Nederlandse volksgeloof volg die makriel die skole jong haring om mannetjies en wyfies bymekaar te bring.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.