Woord:
mannekyn (verouderd)
Betekenis:
1. Pop waarop klere in winkels vertoon word.
2. Persoon wat klere en bykomstige modeartikels vertoon (tans word model in hierdie betekenis gebruik).
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands mannequin, uit Frans mannequin, uit Middelnederlands mannekijn “mannetjie, pop”. In betekenis 2 so genoem omdat die persoon vanweë sy of haar taak aan ‘n pop in ‘n winkel herinner.
Duits Mannequin (18de eeu), Engels mannequin, manikin, Frans mannequin (in bet. 1).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.