WAT Woord van die Week: mombakkies

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
mombakkies (selde ook mombakkie)

Betekenis:
1. Masker in die vorm van ‘n snaakse of skrikwekkende gesig.
2. Gesigsuitdrukking, optrede of houding wat ware emosie verberg.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands mombakkes, ‘n samestelling van mom “masker, gemaskerde” en bakkes “gesig”.
Vanuit Afrikaans in S.A. Eng. in die vorm mombakjes (1913).
bakkies s.nw. (geselstaal) Gesig.
Uit Nederlands bakkes (1617) “gesig”, moontlik ‘n afleiding met -s van bakke “wang”.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.