WAT Woord van die Week: nurks

nurksWoord:
nurks

Betekenis:
(byvoeglike naamwoord) Knorrig, nors of onaangenaam: Dat hy in sy diepste wese nie nurks, ongevoelig en koud van geaardheid was nie, getuig diegene wat in noue aanraking met hom gekom het (Vaderland, 23 Mrt. 1957, 9). Die Leier van die amptelike Opposisie verkies om met ‘n nurkse houding afwysend een kant te staan (Vaderland, 1 Febr. 1961, 8).

(selfstandige naamwoord) (ongewoon) Knorrige, norse of onaangename persoon: Dis nie om dowe neute dat die ou nurks vandag gaaf is nie (Transvaler, 16 Febr. 1972, 4).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Danie Kruger ·

Ek het vanoggend vir die eerste keer Maroela Media ontdek terwyl ek op soek was na die gedig KEN JY DIE SEE. Is self lief vir Afrikaans en vind die webwerf baie interessant. Ek waag selfs om soms bietjie te dig, maar dis eintlik ‘n geheim. Kan ek van my gedigte aan julle stuur en kommentaar daarop kry?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.