WAT Woord van die Week: Oktober

afrikaans scrabbleWoord:
Oktober

Betekenis:
Tiende maand van die jaar.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands Oktober (Middelnederlands October).

Nederlands Oktober uit Latyn mensis Octobris “agste maand” met Octobris uit octo “agt”. Oorspronklik was Oktober die agtste maand, maar nadat Julius Caesar en Augustus Caesar twee maande na hulself vernoem het (onderskeidelik Julie en Augustus) en dié na Junie ingeskuif het, het Oktober die tiende maand geword.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henkst ·

Die Romeinse maanjaarkalender het slegs uit tien maande bestaan voor die instelling van die Juliaanse kalender. Januarie en Februarie is bygevoeg met die instelling van die Juliaanse kalender
Julie: Julius (Caesar); hy het die maandnaam Quintilis (quinque is 5 in Latyn) na homself vernoem.
Augustus: Augustus (Caesar); hy het die maandnaam Sextilis (sex is 6 in Latyn) na homself vernoem.
Augustus het aanvanklik slegs 30 dae gehad, maar Augustus (Caesar) het aangedring op 31 dae omdat Julius se Julie maand 31 dae gehad het. Februarie wat aanvanklik 29 dae gehad het moes ʼn dag prysgee.

Hermanus Potgieter ·

Omdat Oktober my verjaardagmaand is vind ek hierdie inligting baie interesant. Baie dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het.

Susan Bye ·

Waaar kom September dan in . Moes Oktober nie dan die negende maand gewees het nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.