WAT Woord van die week: omgekrap

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
omgekrap

Betekenis:
1 Kwaad, ontsteld of befoeterd; sinonieme om (minder gebruiklik; enigsins eufemisties), omgeëllie (geselstaal), omgesukkel (geselstaal), omgesukkeld (geselstaal; minder gebruiklik): In ‘n omgekrapte bui, stemming wees. Moenie met hom lol nie, hy is omgekrap omdat hy nie sy sin kan kry nie.

2 Agtermekaar, bedrewe of uitmuntend: Hy is ‘n omgekrapte tennisspeler.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.