WAT Woord van die week: omroeper

Argieffoto Foto: Josh Lloyd, Flickr

Argieffoto Foto: Josh Lloyd, Flickr

Woord:
omroeper

Betekenis:
1 Persoon wat by ‘n radiostasie of -sender programme aanbied, die nuus lees, of kommentaar daarop lewer, oor sport verslag doen, en dergelike: Mens het mense nodig wat ervare omroepers is, en aktualiteitsomroepers is ‘n relatiewe nuwe veld. Die lekker van radio is die onmiddellikheid daarvan (Transvaler, 27 Januarie 1982, 9).
2 (verouderd) Persoon wat openbare aankondigings doen: ‘n Keiserlike omroeper verskyn bo-aan die trap van die paleis. “Sy Majesteit het berig ontvang dat Siang-jang verower is!” bulder hy toe die geraas uit die skare bedaar het (L. Rousseau: Polo, 1959, 78).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Johannis ·

Ai, tot dusver lyk uitslag nie goed nie.
net 3% verskil tussen “Adverteers moet moeite doen…” (38%, meeste) en die wat glad nie omgee nie (35%)!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.