WAT Woord van die week: omroeper

Argieffoto Foto: Josh Lloyd, Flickr

Argieffoto Foto: Josh Lloyd, Flickr

Woord:
omroeper

Betekenis:
1 Persoon wat by ‘n radiostasie of -sender programme aanbied, die nuus lees, of kommentaar daarop lewer, oor sport verslag doen, en dergelike: Mens het mense nodig wat ervare omroepers is, en aktualiteitsomroepers is ‘n relatiewe nuwe veld. Die lekker van radio is die onmiddellikheid daarvan (Transvaler, 27 Jan. 1982, 9).
2 (verouderd) Persoon wat openbare aankondigings doen: ‘n Keiserlike omroeper verskyn bo-aan die trap van die paleis. “Sy Majesteit het berig ontvang dat Siang-jang verower is!” bulder hy toe die geraas uit die skare bedaar het (L. Rousseau: Polo, 1959, 78).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.