Woord:
ongans (geselstaal; ongewoon)
Betekenis:
1. Ongesteld of omgekrap as gevolg van te veel kos of drank, of enigsins siekerig of sieklik: Ek voel ‘n bietjie ongans na die groot middagete. Hoe lank is die kend se maag al ongans? Dis vanlat ek hom op die bokmelk gesit het (T. Kotzé: Latjieboud, 1972, 30).
2. Wat onsuiwerhede in die bloed het sodat dit lei tot puisies of ander velaandoenings: Ek is ongans; ek het al weer puisies.
3. (dikwels ten opsigte van kos) Wat sleg of onbruikbaar word of is: Die botter, tamaties is ongans.
4. (ten opsigte van die weer) Onguur: Die wasgoed hoop op as die weer so ongans is.
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.