WAT Woord van die week: ontbyt

Argieffoto (Foto: jill111, Pixabay)

Argieffoto (Foto: jill111, Pixabay)

Woord:
ontbyt

Betekenis:
Eerste maaltyd van die dag

Waar kom dit vandaan?
Die ont- van ontbyt, beteken “om te begin”, net soos in ontbrand, ontvlam en ontwaak, en is dus naby in betekenis aan breakfast, naamlik “om te begin byt of hap”.

Sinonieme brekfis (geselstaal), môrestuk (verouderd), oggendete (minder gebruiklik), vroegstuk (verouderd).

Waar kom “brekfis” vandaan?
Verafrikaanste vorm van Engels breakfast (1463). Engels breakfast is ‘n samestelling van break “breek” en fast “vas”, so genoem omdat ontbyt die maaltyd is waarmee jy jou vas in die oggend verbreek.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JC ·

Ag dis te oulik. Ons pragtige en lieflike afrikaanse taal…al gehoor van” knortjor” hehe? (Go-kart)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.