Woord:
orgaan
Betekenis:
1. Deel van ‘n lewende wese met ‘n bepaalde funksie
2. Koerant of tydskrif wat as mondstuk van ‘n organisasie of firma dien
3. Persoon of instelling wat dien as werktuig waardeur bepaalde handelinge uitgevoer word
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands orgaan, uit Latyn organum met die betekenis “orgaan van die liggaam”, en ook “stem” waaruit die betekenis “koerant of tydskrif wat as mondstuk dien” ontwikkel het. Latyn organum kom uit Grieks organon “werktuig”, wat afgelei is van ergeo “ek werk”
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.