WAT Woord van die Week: oulap

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
oulap (selfstandige naamwoord) (histories)

Betekenis:
Pennie: ‘n Kind kon vir ‘n oulap soveel hanepoot by die wa koop as wat hy in sy hande kon wegdra (M.E.R.: Deel, 1972, 14).

vir ‘n oulap en ‘n bokstert Baie goedkoop: ‘n Buurman het die perd versorg totdat sy vir ‘n oulap en ‘n bokstert verkoop is (Burg., 25 Jan. 1963, 10).
oulap se rooi maak mooi (dikwels skertsend) Iets roois laat iemand of iets goed vertoon, veral ‘n rooi bykomstigheid wat die kleredrag komplementeer.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.