WAT Woord van die Week: palawa

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Woord:
palawa (dikwels saam met hele) (geselstaal) Ook palawer.

Betekenis:
Affêre, gedoente of bohaai: Vandeesweek se hele palawa oor vroue in die Bok-kleedkamers (doen) ‘n effe belaglik aan (Die Burger, 5 Sept. 1992, 14).

Woord:
palawer (geselstaal)
1 Omslagtige gepraat, bespreking of onderhandeling, dikwels sonder rigting of nut.
2 (dikwels saam met hele) Sien PALAWA: Die aand gaan steel ek rose uit die Goewerneur se tuin. Groot palawer toe ‘n paar soldate my die volgende dag by die huis kom soek (A.P. Brink: Houd-den-Bek, 1982, 22).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.