Woord:
pastel
Betekenis:
1. Kleurkryt
2. Tekening of skildery met kleurkryt gemaak
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands pastel, uit Frans pastel, uit Italiaans pastello, ‘n verkleinwoord wat van Latyn pasta “deeg” afgelei is. Tot in die 17de eeu is sekere kleurstowwe uit plante verkry. Die deegagtige, papperige stof waarin die kleurstowwe voorgekom het, het ‘n assosiasie met pasta gewek.
Ook die Afrikaanse woorde pasta, pastei, ‘n gebak van deeg, en patee, ‘n fyn smeer, kan teruggevoer word na Latyn pasta “deeg”.
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.