WAT Woord van die Week: pedant

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
pedant

Betekenis:
Iemand wat geneig is om sy of haar kennis en wysheid op ‘n beterweterige manier voor te hou, of wat geneig is tot oordrewe korrektheid ten opsigte van kleinighede: Prototipe van die pedagogiese pedante is die laerskoolprinsipaal (M.M. Walters: Saturae, 1979, 3).

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands pedant (1778), uit Frans pedant (1566) “wysneus, pedant”, uit Italiaans pedante, uit Latyn paedagogare “opvoed, onderrig” wat ontwikkel het Latyn paedagogus “slaaf wat toesig hou oor Romeinse seuns en hulle skool toe neem”.

Pedagoog, pedagogiek, en pedagogies kan ook teruggevoer word na paedagogus

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.