WAT Woord van die week: pierewaai en rinkink

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
pierewaai

Betekenis:
Jol, rinkink.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands pierewaaien, oorspronklik ‘n seemanswoord
Nederlands pierewaaien uit Russies pirowát “fuif”, ‘n afleiding van pir “gasmaal”.

Woord:
rinkink

Betekenis:
1. Fuif, feesvier.
2. Baljaar, uitgelate wees.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands rinkinken, ‘n klanknabootsende woord wat aanvanklik beteken het om ‘n harde geluid te maak soos wanneer glas of metaal aan iets raak, ‘n geluid wat dikwels by ‘n vrolike feesmaal veroorsaak word. Hieruit ontwikkel die betekenis “geraas of lawaai maak”. Van Dale (1999) gee nog slegs die betekenis van glase wat rinkink.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.