WAT Woord van die Week: pimpel

Argieffoto Foto: Aurelie von Williams, Tumblr

Argieffoto Foto: Aurelie von Williams, Tumblr

Woord:
pimpel (werkwoord: het gepimpel; byvoeglike naamwoord en bywoord: pimpelende, pimpelend) (geselstaal)

Betekenis:
Sterk drank drink, dikwels in oormaat: Hulle sit al heel aand en pimpel.

Woord:
pimpeltjie (selfstandige naamwoord) (geselstaal; verouderd)

Betekenis:
Klein kelkie of klein hoeveelheid alkoholiese drank, gewoonlik genoeg om so ‘n kelkie te vul: Daar (was) miskien genoeg brandewyn om die manskappe weekliks ‘n pimpeltjie (klein kelkie) daarvan te gee (C.L. Leipoldt: Jan Van Riebeeck, 1938, 65). As die gerwe aangery word, drink jy om elfuur so ‘n pimpeltjie sjerrie (D.J. Opperman: Gees van die wingerd, 1968, 9).

Uitdrukking:
pimpel en pers

Betekenis:
Bont en blou

Waar kom dit vandaan?
Die pimpel kom van Nederlands pimpeln “swak wees” en die pers van die kleur van die kolle op die ongelukkige slagoffer, wat dus swak en vol pers kolle geslaan is.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.