Woord:
poegie
Betekenis:
Ligte, klein motorfiets wat baie ekonomies is om te gebruik: Sy ry elke dag met haar poegie werk toe. In Italiaanse stede word poegies in hul duisende aangetref.
Waar kom dit vandaan?
Moontlik Puch, ‘n handelsnaam
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Dit is vir die waarskynlikste verklaring. Die Puch Maxi was sekerlik ook die oorsprong van die woord help-my-trap.
http://en.wikipedia.org/wiki/Puch_Maxi
Ek skep toe ‘n nuwe woord: poegaaitjies.: elektriese karretjies waarmee hier in die aftree-oord wêreldvol en in die gange rondgery word. poegaaitjies
Ek skep toe ‘n nuwe woord: poegaaitjies.: elektriese karretjies waarmee hier in die aftree-oord wêreldvol en in die gange rondgery word. poegaaitjies
Toe ek verlede jaar in Rome was, het ek honderde pukkies gesien, maar baie min van hulle was Vespas. Ek weet nie wat van hulle geword het nie. Miskien is die ingevoerde modelle goedkoper.
Toe ek verlede jaar in Rome was, het ek honderde puggies gesien, maar baie min van hulle was Vespas. Ek weet nie wat van hulle geword het nie. Miskien is die ingevoerde modelle goedkoper.