WAT Woord van die Week: poelpetaat

Tarentale Foto: wildlifeanimalz.blogspot.com

Tarentale Foto: wildlifeanimalz.blogspot.com

Woord:
poelpetaat (geselstaal; minder gebruiklik)
Ook koelmetat, poelepetaat, poelmetaan, poelpetaan en poelpetater.

Betekenis:
tarentaal

Waar kom dit vandaan?
Uit Frans poule, “hoender” en pintade, “gespikkeld”)

Tarentaal: Die Franse noem dieselfde ding ‘n poule pintade, dit is hoender met spikkels, wat in Afrikaans gewestelik voortleef as poelpetaat (A. Coetzee in: TVV, Jan. 1969, 1). Tipies van hierdie soort liedjie (die dansliedjie) is sy kortheid. Ek hou my lyf soos ‘n póél-pé-táát en ek dans met die tannie in die rou bestaat (N.P. v.W. Louw: Rondom Eie Werk, 1970, 94).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dewald du Plessis ·

Dit word ook “poelpetaan” genoem, en is dus dieselfde as “perelhoender”.

Marelize ·

Ek is gek na die woord poelpetater… Dit sê so lekker. Ek het dit die eerste keer in ‘n blokkiesraaisel raakgeloop.

‘n Ander blokkies-leidraad wat vir my nuut wat is doemdoempie – brandmier. Hier by ons is hy bekend as ‘n warm-assie. Vir ons wat al ‘n paar brandplekke weg het met die karnallie se chemiese boudjies, maak die naam doemdoempie net nie sin nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.