WAT Woord van die week: pollevink

Argieffoto (Foto: Hebi B./Pixabay)

Woord:
pollevink

Betekenis:
Volgens die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) is “pollevink” ʼn geselstaalterm wat “vry, opsit of kuier” beteken. Byvoorbeeld:

  • Die paartjie het die hele aand by die restaurant gesit en pollevink, salig onbewus van die tyd.

Daar is verskillende variasies van die woord, naamlik “pollievink”, selde ook “pollefink” en in die argaïese vorm “polevink”.

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Ondersteun gerus hul Borg ʼn Woord-projek.

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.