Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) het weekliks ‘n interessante woord wat hulle aan lesers uitwys.
Woord:
Popel ww., het gepopel; byv. en byw. popelende, popelend. (verouderend)
Gebruik:
1 (t.o.v. die hart) Vinnig of onstuimig klop, gew. a.g.v. ‘n ekstatiese emosie: ‘n Hart wat popel van afwagting, vreugde. ‘n Hart wat onrustig popel. Oproep uit New York laat nooi se hart popel. Kinderhartjies het gepopel by die vooruitsig om Vader Krismis te sien.
2 In ekstase wees, of op ‘n ekstatiese manier uitsien na iets: Van nuuskierigheid, ongeduld, opwinding popel. Popelende hoop, opgewondenheid. Popelend van vreugde. Die kinders sit popelend en wag om op die verhoog te gaan.