WAT Woord van die Week: pypkan

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
pypkan (werkwoord), het gepypkan

Betekenis:
(t.o.v. rugby en verskeie ander balsporte) ‘n Teenstander flous deur te systap of in ‘n ander rigting te swenk as wat voorgegee is, of deur ‘n fopaangee te gee.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands pijpkannen (1784). Nederlands pijpkannen het aanvanklik (1721) slegs ‘n letterlike betekenis gehad, nl. “uit ‘n pypkan, dit is ‘n drinkbottel, drink” wat ten opsigte van babas gebruik is. Hieruit vloei die figuurlike betekenis voort, naamlik “bedrieg”, eintlik “‘n kind die pypkan gee in plaas van die moederbors”.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.