WAT Woord van die week: ramkat

Argieffoto (Foto: FlashBuddy, Pixabay)

Argieffoto (Foto: FlashBuddy, Pixabay)

Woord:
ramkat (geselstaal)

Betekenis:
1 Iemand of iets wat besonder bekwaam of goed is, wat as ‘n staatmaker of uitblinker beskou word, of wat ‘n goeie prestasie gelewer het en derhalwe bewondering afdwing: Die mengsel wat Oubaas van 7de Laan ingekry het, is Viagra se moses, en het die ou gryse verander in ‘n warmbloedige ramkat (TVPlus, 1 September 2004, 62). In sy prysklas … is daar bloedweinig motors wat met die nuwe Rambler Rogue … kan kers vashou. Hy is ‘n pure ramkat (Volksblad, 11 September 1969, 20)

2 (dikwels saam met jou, ou of jou ou) Uitroep van bewondering teenoor iemand of iets wat besonder bekwaam of goed is, as ‘n staatmaker of uitblinker beskou word.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.