WAT Woord van die Week: reikhalsend

Argieffoto ter illustrasie Foto: Robert Lang Photography

Argieffoto ter illustrasie Foto: Robert Lang Photography

Woord:
reikhalsend (deftig)

Betekenis:
Met groot verlange of begeerte.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands reikhalzend (1748), oorspronklik die teenwoordige deelwoord van die werkwoord reikhalzen (1701) “vurig verlang na”. Nederlands reikhalzen is ‘n samestellende afleiding van reiken “reik” en hals “nek”. Die letterlike betekenis is “die nek uitstrek om nader aan iets te wees”. Waarskynlik het rekhalzen eerste ontstaan, ‘n samestellende afleiding van rekken “rek” en hals, letterlik “die nek rek om nader aan iets te wees”. Beide rekhalzen en reikhalzen is in ‘n letterlike en figuurlike betekenis gebruik. In die middel van die 18de eeu het rekhalzen in onbruik geraak.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.