WAT Woord van die week: Salaris

soutWoord:
salaris (selfstandige naamwoord)

Betekenis:
Betaling, gewoonlik ‘n vaste bedrag op ‘n maandelikse basis, vir diens deur ‘n werknemer gelewer.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands salaris (eerste optekening in Die Bybel, waarna in 1622). Eerste optekening in Afrikaans in Patriotwoordeboek (1902).
Ndl. salaris kom uit Frans salaire uit Latyn salarium “soutrantsoen, salaris” uit Latyn sal “sout”. Gestandaardiseerde hoeveelhede sout word vandag nog as betaalmiddel in sommige dele van Afrika gebruik.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.