Woord:
sar (werkwoord) het gesar; byvoeglike naamwoord en bywoord sarrende, sarrend
Betekenis:
(verouderd) Kwaad maak, tart of pla: ‘n Sarrende glimlag, stem. Die sarrende Noodlot. ≈ Een van die artillerie-onderoffisiere, … ‘n kortgebonde vent, word gesar totdat hy dit nie meer kon uithou nie en die soldaat naas hom met die plathand bo van die wa af slaan (G.S. Preller: Ons Parool, 1938, 36). Ek het nou soveel van Gert se sarrende houding gehad as wat ek kan sluk. More gaan ek hom hierdie huis belet (H. Hendriks in Brandwag, 1 Apr. 1960, 55).
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands sarren
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Dis interesting om te sien hoe baie van die woorde ook in holland gepraat word