WAT Woord van die Week: sar

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
sar (werkwoord) het gesar; byvoeglike naamwoord en bywoord sarrende, sarrend

Betekenis:
(verouderd) Kwaad maak, tart of pla: ‘n Sarrende glimlag, stem. Die sarrende Noodlot.Een van die artillerie-onderoffisiere, … ‘n kortgebonde vent, word gesar totdat hy dit nie meer kon uithou nie en die soldaat naas hom met die plathand bo van die wa af slaan (G.S. Preller: Ons Parool, 1938, 36). Ek het nou soveel van Gert se sarrende houding gehad as wat ek kan sluk. More gaan ek hom hierdie huis belet (H. Hendriks in Brandwag, 1 Apr. 1960, 55).

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands sarren

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.