Woord:
sar (verouderd) (uit Nederlands sarren)
Betekenis:
Kwaad maak, tart of pla: ‘n Sarrende glimlag, stem. Die sarrende Noodlot. ≈ Een van die artillerie-onderoffisiere, … ‘n kortgebonde vent, word gesar totdat hy dit nie meer kon uithou nie en die soldaat naas hom met die plathand bo van die wa af slaan (G.S. Preller: Ons Parool, 1938, 36). Ek het nou soveel van Gert se sarrende houding gehad as wat ek kan sluk. Môre gaan ek hom hierdie huis belet (H. Hendriks in Brandwag, 1 Apr. 1960, 55).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.