Woord:
sardientjie (selfstandige naamwoord) Ook sardien, sardyn en sardyntjie.
Waar kom dit vandaan?
(n.d. Mediterreense eiland, Sardinië, waar dié soort vis eens volop was)
Enigeen van verskeie soorte klein, haringagtige, silwerkleurige visse van die genus Sardina of Sardinops (fam. Clupeidae)
As die vissie korter as 10 cm is, word dit sardientjie of sardien genoem, en as dit langer as 10 cm is, pelser, en soms sardyn. In handelsterme word sardientjie en pelser oorwegend gebruik, en die onderskeid is daarin geleë dat pelser as ‘n “groot sardientjie” beskou word.
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.