WAT Woord van die week: sartoriaal

Argieffoto (Foto: JanDix, Pixabay)

Argieffoto (Foto: JanDix, Pixabay)

Woord:
sartoriaal

Betekenis:
Wat betref, of wat verband hou met kleredrag of kleremakers: Min Westerse leiers kan kers vashou by die president se “sartoriale” instinkte en flair. Daardie duifgrys snyerspak, kraakwit hemp en spoggerige vlootblou streepdas … kan net een adres hê: Saville Row, Westminster, Londen (Rapport, 21 Mei 2006, 16). Prokureurs mag nou ook in die hof ‘n bef dra, waar tevore net advokate hierdie besondere sartoriale voorreg toegelaat is (Burg., 12 Febr. 2005, 16).

Waar kom dit vandaan?
Uit Latyn sartor, “lapper, versteller”

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.