WAT Woord van die Week: semel

Foto uit die toneelstuk "Twelve Angry Men" Foto: Tristram Kenton, The Stage People

Foto uit die toneelstuk “Twelve Angry Men” Foto: Tristram Kenton, The Stage People

Woord:
semel

Betekenis:
1. (geringskattend of skertsend) Onbeholpe manlike persoon wat ‘n gebrek aan daadkrag en inisiatief het; sin. semelbroek: Shane het uiteindelik gewys dat hy nie ‘n semel is nie, maar ‘n man van daad (Volksblad, 8 Mei 1976, 5). Vergelyk ook: drommel, jansalie, sukkelaar

OOK: Jong en onervare manlike persoon; sin. semelbroek, semelkuiken: My neef en ek is nie van die lelikste semels wat na ‘n geskikte lewensmaat soek nie (Landbouweekblad, 2 April 1957, 106).

2. (gewoonlik afkeurend gebruik) Oneerlike of skelm manlike persoon: Ons ontmoet die vervalsers se spanleier… Hy is ‘n semel en ‘n skurk (Beeld, 7 November 2008, Plus, E).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.