WAT Woord van die week: sepie

Hunter Tylo as Taylor Hayes, Ronn Moss as Ridge Forrester en Katherine Kelly Lang as Brooke Logan Forrester in The Bold and the Beautiful (Foto: tenplay.com.au)

Hunter Tylo as Taylor Hayes, Ronn Moss as Ridge Forrester en Katherine Kelly Lang as Brooke Logan Forrester in The Bold and the Beautiful (Foto: tenplay.com.au)

Woord:
sepie

Betekenis:
Buitengewoon gewilde radio- of televisiedrama wat op ‘n gereelde grondslag, dikwels daagliks, uitgesaai word, en veral gekenmerk word deur gestereotipeerde huislike situasies en melodramatiese, sensasionele en sentimentele storielyne

Ook: seepopera, strooisage; seepkisopera (ongewoon): Sepies se storielyne word geweef rondom mans wat magtig is en vrouens wat mooi is (M.S. Smith in T.T. Cloete: Lit. Terme, 1992, 533).

Waar kom dit vandaan?

Uit Engels soapie, ‘n afleiding met -ie van soap, ‘n verkorting van soap opera, na aanleiding van die feit dat sulke reekse vroeër dikwels deur seepmaatskappye in die Amerika geborg is en seep dikwels tydens uitsendings geadverteer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Grotman ·

Die waarheid is dat hulle dit n sepie noem is, want dit was enige ordentlikheid en goeie waardes uit jou kop uit…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.