WAT Woord van die week: serannie

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Woord:
serannie

Waar kom dit vandaan?
Uit Arabies nasrani, “Nasarener”

Betekenis:
1 (histories) Enigeen van die eerste Christene wat Indonesië besoek het, veral Portugese wat die Katolisisme aangehang het.
2 (verouderd) Iemand wat ‘n goeie werker en persoon van integriteit is: Oom Willem groet die serannie van ‘n skaapwagter tussen die bruin rantjies (Boerneef: Stad, 1941, 79).
3 (verouderd) Iemand wat spoggerig, pronkerig of windmakerig is. Hoe meer Piet gesels, hoe windmakerder speel hy met die gaffel. Hy is darem maar ʼn serannie.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.