Woord:
sestand (ten opsigte van vee)
Betekenis:
1 Ouderdom, ongeveer 3 jaar, waarop vee oor ses permanente snytande beskik: Die ooie se ouderdomme het gewissel tussen sestand en volbek (TLW, Sept. 1968, 505).
2 Skaap, bees, donkie, of dergelike wat ongeveer drie jaar oud is en oor ses permanente snytande beskik: Veral Boerseun, die jongste bul en ‘n sestand, blyk ‘n ongemaklike knaap te wees (H.J. Vermaak: Doringberg9, 1970, 120).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.