WAT Woord van die week: sieal

Argieffoto (Foto: werner22brigitte, Pixabay)

Argieffoto (Foto: werner22brigitte, Pixabay)

Woord:
sieal (ook met ‘n kopelteken sie-al) (geselstaal). (Maleis sijal)

Betekenis:
1 a  Wat onheilspellend, spookagtig of grillerig is, of wat ongeluk meebring: Die uil is ‘n sieal voël (Britstown). Wanneer was die Anglo-Boere-oorlog oor? In 1902. Tel bymekaar die syfers in dié jaartal: 12. Tel twaalf by 1902 — … 1914, en die begin van die Eerste Wêreldoorlog! Begin dit nie vir u al sie-al lyk nie? (Die Burger, 20 Jun. 1963, 6).

b Wat ongelukkig is in wat onderneem word: Die vis is skaars: die vissermanne was sieal vandag (Saldanha). (Ook opgeteken in Lambertsbaai en Langebaan).

2 BYGELOWIG: Ek is nou nie ‘n sie-al mens nie, maar dis of ek hierdie ding se stof sien opslaan het (T. Kotzé: Latjieboud, 1972, 38).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.