WAT Woord van die Week: siertjie

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
siertjie (verouderd)

Betekenis:
‘n Klein bietjie: Die plank is nog net ‘n siertjie te dik geskaaf (Stellenbosch). Ek (het) gebuk en die hondjie gestreel – ‘n beleefdheid wat, ofskoon dit miskien ‘n siertjie oorbodig was, die dame aangenaam aangedoen het (C.L. Leipoldt: Spoke, 1927, 67). Laat jul onderwyser ‘n siertjie fosfor neem en dit met ‘n mes oor ‘n houtplank smeer (J. de V. Heese: Rotspoele, 1935, 148). (Ook opgeteken in Aliwal-Noord, Graaff-Reinet, Grabouw, Kenhardt, Witbank, Worcester en in die Paarl).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.