Woord:
sies (ook siesa) (tussenwerpsel)
Betekenis:
Uitroep by die waarneming van ‘n slegte reuk.
Waar kom dit vandaan?
Moontlik uit Nama sis “‘n wind laat”.
Vanuit Afrikaans in S.A. Engels (1862).
Woord:
ga, (selde ook gang)
Betekenis:
Uitroep by die waarneming van ‘n slegte reuk.
Waar kom dit vandaan?
Uit Khoi xa of Xhosa rhá. In Xhosa kan die uitroep rhá benewens afkeur of verontwaardiging ook teësinnige lof of ‘n dreigement uitdruk. Vanuit Afrikaans in S.A.Engels (1913).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.