Woord:
sikkeneurig (ongewoon) (Nederlands)
Betekenis:
Wat kleingeestig, benepe, uitermate foutvinderig of kortsigtig is; Hy… (was) sikkeneurig en behep met ‘n … vooroordeel (J.L.M. Franken: Bydraes, 1953, 20). ‘n Mens wil… nie soos ‘n sikkeneurige ou Piet Verdriet sit en tob oor alles nie (W.A. de Klerk in G.J. Beukes: Uitges. Eenbedr., 1948, 42). Hy word voorgestel as ‘n moerige, sikkeneurige, dwars … man (Beeld, 3 November 2001, Plus, 4).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Kan sikkeneurig as die Engelse cantankerous se eweknie beskou word? Ek soek al so lank ‘n Afrikaanse woord daarvoor. Noudat ek 80 is en self ‘n cantankerous old man is, het ek besluit om myself betjoks, befoeterd, beneuk(!) en dies meer te noem. Betjoks is miskien die naaste, maar is dit darem goeie(!) taal? Moerig kom ook naby, maar voel nie vir my onvattend genoeg nie. Groete.