WAT Woord van die Week: siks

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
siks (werkwoord) (geselstaal; verouderd)

Betekenis:
1. (dikwels saam met laat) Inderhaas vertrek of padgee: Ek is ‘n man wat hierdie ou plasie in die mark gaan stoot en dan laat siks ek Kaap toe (D. Mostert: Stad, 1946, 31).
Vgl. SAAG II 3 a, 1SAAI 4.
2. gee Ag toe, siks my ‘n paar van jou lekkers! Siks my ‘n bietjie suiker, asseblief.

OOK:
by my siks idiomatiese uitdrukking (verouderd) Sowaar, of beslis: Die vrou erken … by my siks … dat alles wat sy gesê het skinderpraatjies was (Boerneef: Helling, 1956, 40).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.