Woord:
siks (werkwoord), het gesiks (geselstaal; verouderd)
Betekenis:
Inderhaas vertrek of padgee: (dikwels gebruik saam met laat) Ek is ‘n man wat hierdie ou plasie in die mark gaan stoot en dan laat siks ek Kaap toe (D. Mostert: Stad, 1946, 31).
Gee: Ag toe, siks my ‘n paar van jou lekkers! Siks my ‘n bietjie suiker, asseblief.
OOK:
by my siks (selde siksewaar) idiomatiese uitdrukking, verouderd
Sowaar, of beslis: Die vrou erken … by my siks … dat alles wat sy gesê het … skinderpraatjies was (Boerneef: Teen die Helling, 1956, 40).
Waar kom dit vandaan?
Onbekend
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.